Tel: 012 342 2765 | marketing@vanschaiknet.com

  • Perspektief en Profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis deel 1 2/e
  • Van Coller HP
  • ISBN: 9780627031045
  • eISBN: N/A
  • ePub ISBN: 9780627031076
  • 912 Pages | Published: 2015

Perspektief en profiel – ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis in drie dele (1998, 1999, 2006) is die enigste omvattende Afrikaanse literatuurgeskiedenis wat tans op die mark is. Dit word wyd benut hier én in die buiteland. Van die belangrikste skrywers soos Etienne van Heerden, Marlene van Niekerk, Eben Venter, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Breyten Breytenbach het egter sedert die verskyning van die deel waarin hulle oeuvres behandel is, van hul beste werk gelewer. Dit het daarom tyd geword om 'n totaal bygewerkte uitgawe die lig te laat sien. Boonop bied dit die geleentheid om van die perspektiewe by te werk én selfs nuwes (bv. oor die uitgewerswese en kinder- en jeugliteratuur) in te sluit. Dit kan met reg beweer word dat hierdie literatuurgeskiedenis toenemend bykans alle relevante aspekte van die Afrikaanse literêre veld dek.

'n Nuwe uitgawe het ook die voordeel dat dit die geleentheid bied om jonger literatore as medewerkers te betrek. Nie net is hulle die akademici van die toekoms nie, maar bring hulle meestal ander (teoretiese) perspektiewe wat verrykend inwerk op die geheel.

Hierdie nuwe uitgawe is ingrypend herstruktureer, telkens met enkele perspektiewe en 'n aantal profiele, alfabeties ingedeel.  Hierdie uitgawe (Deel 1) bevat die volgende perspektiewe:  "Klein begin is aanhou wen" (oor die ontstaansgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde); 'n blik op die Nederlandstalige Suid-Afrikaanse letterkunde, 1652–1925; inleiding tot buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke; en 'n perspektief op die Afrikaanse prosa. Die profiele strek van Hennie Aucamp tot Henriette Grové (A–G).

Perspektiewe

Klein begin is aanhou wen - ‘n perspektief op die aanvangsfase van die Afrikaanse letterkunde

Nederlandstalige Suid-Afrikaanse letterkunde, 1652-1925

‘n Inleiding tot buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke

Prosa:  ‘n Oorsig van die Twintigste eeu

 

Profiele

Hennie Aucamp | Hennie Aucamp as digter | Pirow Bekker | Eleanor Baker | Chris Barnard | Gerhard J. Beukes | Peter Blum | Boerneef | Breyten Breytenbach | André P. Brink | Eveleen Castelyn | Jan F.E. Celliers | T.T. Cloete | Sheila Cussons | W.A. de Klerk | Johann de Lange | Abraham de Vries | Izak de Villiers | Reza de Wet | E.K.M. Dido | I.D. du Plessis | P.G. du Plessis | Elisabeth Eybers | Louis Estherhuizen | H.A. Fagan | Pieter Fourie | Jeanne Goosen | Tom Gouws | Rachelle Greeff | J.F.W. Grosskopf | Henriette Grové


Supplementary material available for this title includes:



All source material (excluding figures and tables) has been supplied in an editable format (Microsoft Office) and you can fully customise it to your needs.

Please click on the link below to access the Lecturer Support Material (LSM) portal:

LSM Portal

If this is the first time you access Van Schaik Publishers LSM, you will need to register and set up a profile. Once your registration has been approved you will be sent an email and will then be able to request access to the resources you need for a particular book. You will also be able to request access to the resources of additional books using your profile.

We welcome any suggestions regarding new or additional resources. For any queries or feedback please contact our digital publisher at lsm@vanschaiknet.com. The material available varies from book to book and may also be developed further over time.

If you are uncertain about the registration and access request procedures, please download the LSM Manual.

LSM Manual

Lecturer Support Material is available free to lecturers who lecture on courses where the book is prescribed but samples are also available should you wish to review what is available as part of your prescribed book selection process. Please contact your Marketer for access to the sample LSM.

Student requests for LSM will not be entertained and any attempts by students to access lecturer support material will be reported to a student’s lecturer or to the Head of Department.