
Akademiese geletterdheid is noodsaaklik vir akademiese prestasie. Daar word van studente verwag om 'n verskeidenheid akademiese tekste met begrip te lees. Studente moet ook hulle eie argumente kan konstrueer en hulle kritiese denkvermoë in die vorm van 'n akademiese teks aan 'n leser illustreer. Akademiese geletterdheid beteken dat studente as onafhanklike akademiese skrywers kan funksioneer wat navorsing op 'n gestruktureerde, goed geformuleerde en logiese wyse kan weergee.
In hierdie handboek word studente nie net toegerus met kennis en vaardighede om die genre van akademiese skryfwerk te begryp nie; die samestelling van die boek kan ook meehelp dat studente onafhanklike beoefenaars van hierdie genre word.
Studente word begelei om:
Die skrywers vertrou dat studente en dosente hierdie handboek as 'n nuttige hulpbron sal gebruik om akademiese geletterdheid te bevorder.
Hoofstuk 1: Ontleding van opdraginstruksies en beplanning van’n akademiese skryfstuk
Hoofstuk 2: Akademiese bronsoektogte en brongebruik
Hoofstuk 3: Akademiese leesstrategieë, en die verwerking van inligting uit bronne
Hoofstuk 4: Titels, inhoudsopgawes en inleidingsparagrawe
Hoofstuk 5: Akademiese paragrawe in akademiese tekste
Hoofstuk 6: Tekseenheid in akademiese tekste
Hoofstuk 7: Struktuur van ‘n akademiese slotparagraaf
Hoofstuk 8: Wetenskaplike en akademiese skryfstyl
Hoofstuk 9: Redigering van akademiese werkstukke en verwerking van terugvoer
All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.
All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.