
Fonetiek (2018) is ’n verbeterde, bygewerkte uitgawe van die vierde uitgawe van Fonetiek (1988). Soos sy voorganger stel dié boek beginners in staat om fonetiek maklik en vinnig te bemeester. Daar is egter genoeg stof en bronverwysings om ook die meer gevorderde gebruiker te prikkel. Fonetiek is veral praktykgerig. Dit bied insig in die klanke en die klanksisteem van Afrikaans, asook in die wyse waarop dit verskil van die klanke en klanksisteme van Engels en ander Suid-Afrikaanse tale. Die nut van fonetiese transkripsies by lemmas in woordeboeke word uitgelig.
Die optekening en beskrywing van werklike uitspraak met behulp van fonetiese tekens is onontbeerlik vir taalnavorsing, veral vir die optekening van streeks- en sosiale variëteite en die uitspraak van sprekers van ander tale vir wie Afrikaans nie ’n huistaal is nie.
’n Studie van Fonetiek sal die gebruiker dus toerus met kennis vir die onderrig van klanke en klanksisteme, met kennis om taalnavorsing te onderneem, om klankbeelding in poësie te waardeer en om woordeboeke daagliks nuttig in ons multitalige wêreld te gebruik.
Hoofstuk 1 Wat behels Fonetiek?
Hoofstuk 2 Spraakapparaat
Hoofstuk 3 Fonetiese alfabet
Hoofstuk 4 Van teken tot skrif tot fonetiese skrif
Hoofstuk 5 Woordeboeke en uitspraak
Hoofstuk 6 Onderskeidende kenmerke
Hoofstuk 7 Vokale
Hoofstuk 8 Konsonante
Hoofstuk 9 Sillabes, intonasie en klem
Hoofstuk 10 Kategoriale klanksisteme
Hoofstuk 11 Uitspraakvariasie
Hoofstuk 12 Spelreëls en die klanksisteem
Hoofstuk 13 Klanke en klankbeelding
Hoofstuk 14 Transkripsies van literêre werke
All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.
All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.