Geletterdheid in die Grondslagfase 3
Geletterdheid in die Grondslagfase
Author/s: Joubert I
Edition: 3
ISBN: 9780627036378
eISBN: N/A
ePub ISBN: 9780627036385
Pages: 376
Published: 2019
Print Recommended Retail Price: R 760.00
eBook Recommended Retail Price: R 684.00

Waarom is Geletterdheid in die Grondslagfase uniek? 

  • Die boek behandel die onderrig van Afrikaans as huistaal in Graad 1, 2 en 3 soos beskryf in die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) van 2011. Die boek bevat ook inligting vir die onderrig van Graad R.
  • Dit fokus op die onderwyspraktyk en het terselfdertyd ’n sterk navorsingsinslag.
  • ’n Teoretiese agtergrond tot taalontwikkeling en basiese geletterdheid is in hierdie uitgawe ingesluit. Die belangrikheid van moedertaal of huistaal word beklemtoon. ’n Hoofstuk oor die onderrig van Afrikaans as eerste addisionele taal is egter ook ingesluit.
  • Die onderrig van luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer asook taalstruktuur en -gebruik word breedvoerig bespreek en praktiese idees word gegee.
  • Handskrifonderrig word behandel met voorbeelde uit die praktyk.
  • Assessering word by elke taalvaardigheid bespreek en voorbeelde word gegee.
  • Die teks is krities gelees deur kundiges in die praktyk en die akademiese wêreld soos onder andere professors Marike de Witt, Anna Hugo en Susan Kubic Barnes van die James Madison Universiteit Harrisonburg, Virginia, VSA.
  • Aan die einde van elke hoofstuk is vrae ingesluit wat gebruik kan word vir selfstudie.
  • ’n Graad 1 handskriftipe is ingesluit. Die handskriftipe is ontwikkel deur dr. Judy van Heerden en Marietjie Schutte. Dr. Van Heerden is ’n dosent in die Departement Vroeë Kinderonderwys aan die Universiteit van Pretoria en Marietjie Schutte is ’n dosent in die Departement Inligtingskunde aan die Universiteit van Pretoria.

Vir wie is die boek geskryf?

  • Persone wat gemoeid is met die onderrig van Afrikaans as huistaal of addisionele taal in die Grondslagfase.
  • Ouers wat hul kinders tuis onderrig.
  • Dosente en studente in die Grondslagfase.
  • Almal wat basiese én nuwe idees vir die onderrig van Afrikaans soek.

 

Die skrywers is kundiges met jarelange ervaring in Grondslagfase-onderrig en tersiêre onderwys. Marie Bester is ’n opvoedkundige konsultant. Erika Meyer is ’n onderwys-en-opleidingskonsultant. Ina Joubert en Nkidi Phatudi is beide professors in die Departemente Vroeë Kinderonderwys aan die Universiteit van Pretoria en UNISA. Rinelle Evans is ’n professor in die Departement Geesteswetenskaplike Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria.

1 ’n Teoretiese inleiding tot die ontwikkeling van taal en geletterdheid

2 Onderrig- en leerstrategieë

3 Luister en praat: fokus op luister

4 Luister en praat: fokus op praat

5 Lees en kyk

6 Skryf

7 Handskrif

8 Dink en redeneer

9 Klanke, taalstruktuur en -gebruik

10 Die onderrig van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal (AEAT) in Graad 1–3

You Might Also Like

Local government administration in eastern and southern Africa
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627043185
Published:
Handbook for nurse management
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041716
Published:
How to support English Second-Language Learners
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041341
Published:
A teacher's guide to the SIAS document
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627038372
Published:
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.