Kwantitatiewe statistiese tegnieke 3
Kwantitatiewe statistiese tegnieke
Author/s: Swanepoel A, Vivier FL, Millard SM, Ehlers R
Edition: 3
ISBN: 9780627027710
eISBN: 9780627028854
ePub ISBN: N/A
Pages: 232
Published: 2009
Print Recommended Retail Price: R 710.00
eBook Recommended Retail Price: R 639.00

Kwantitatiewe tegnieke vorm die ruggraat van alle statistiese, ekonomiese en bestuursmodelle ingevolge waarvan vooruitskattings gemaak en bestuursbesluite geneem word. Die doel van Kwantitatiewe statistiese tegnieke is om die rol van hierdie tegnieke aan lesers te verduidelik en hulle in staat te stel om dit te bemeester.

Die kwantitatiewe beginsels word eenvoudig uiteengesit en is veral gemik op eerstejaarstudente wat 'n loopbaan in die sakesektor beplan. Die onderwerpe wat behandel word, sluit direk aan by die kwantitatiewe agtergrond wat vir bepaalde beroepe in die sakewêreld vereis word.

Die leerstof word geïllustreer en ondersteun deur gebruik te maak van toepaslike voorbeelde en grafieke. Deurgaans word riglyne gegee vir die doen van berekenings met behulp van rekenaarsagteware. Dit verseker dat die klem van die boek val op die korrekte toepassing en interpretasie van tegnieke, deurdat die leser omslagtige en tydrowende verwerkings kan vermy. Elke tema sluit af met toepaslike oefeninge wat spesifiek daarop gerig is om die leser te help met die bemeestering van die onderwerpe.

Andre Swanepoel het benewens sy praktykervaring ook meer as 21 jaar ondervinding as senior lektor en statistiese konsultant in die Departement Statistiek aan die Universiteit van Pretoria.

Leon Vivier het meer as 45 jaar ondervinding in die private en openbare sektor as konsultant in statistiek en ekonomiese ontwikkeling sowel as professor in statistiek in die Departement Statistiek aan die Universiteit van Pretoria.

Sollie Millard is 'n senior lektor in die Departement Statistiek aan die Universiteit van Pretoria en het 19 jaar uitgebreide ervaring as statistiese konsultant en akademikus.

René Ehlers het benewens haar ervaring in die industriële sektor ook 12 jaar ondervinding as lektrise in die Departement Statistiek aan die Universiteit van Pretoria. Sy is verder ook betrokke by statistiese konsultasiewerk.

Hoofstuk 1 Wiskundige bewerkings en funksies
Hoofstuk 2 Differensiasie
Hoofstuk 3 Integrasie
Hoofstuk 4 Matriksalgebra
Hoofstuk 5 Lineêre programmering
Hoofstuk 6 Antwoorde op geselekteerde oefeninge

You Might Also Like

Local government administration in eastern and southern Africa
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627043185
Published:
Handbook for nurse management
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041716
Published:
How to support English Second-Language Learners
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041341
Published:
A teacher's guide to the SIAS document
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627038372
Published:
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.