Oorgange en voortgange
Oorgange en voortgange
n Huldigingsbundel vir prof. C.H.F. Ohlhoff
Author/s: Willemse H
Edition: 1
ISBN: 9780627031953
eISBN: 9780627031960
ePub ISBN: N/A
Pages: 200
Published: 2013
Print Recommended Retail Price: R 500.00
eBook Recommended Retail Price: R 450.00

Oorgange en voortgange is 'n bundel oorspronklike navorsingsartikels saamgestel as huldiging van prof. Heinrich Ohlhoff. Hy was sedert 1966 in verskeie hoedanighede verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is 'n gerekende kenner van die Afrikaanse poësie, maar ook ewe tuis op die terreine van die Afrikaanse taalkunde, Algemene Literatuurwetenskap, Goties en Kultuurteorie. As filoloog het sy navorsing gekonsentreer op Middeleeuse Europese kultuur, Renaissance studie en sewentiende-eeuse Nederlandse letterkunde. Hy is op al hierdie vakterreine 'n wandelende ensiklopedie.

Elkeen van die bydraers tot die bundel het 'n persoonlike verhouding met Heinrich Ohlhoff, as voormalige studente of vakkollegas. Van sy oudstudente het hom die eerste keer in hul voorgraadse klasse meegemaak, sommige het hom later as begeleier vir hul nagraadse studie gekies, in sigself klinkende getuienis van hul vertroue. Die studies wat hier opgeneem is, handel oor die Middeleeuse Nederlandse letterkunde, die Afrikaanse biografie, Afrikaanse mondelinge oordrag, akademiese geletterdheid, die leksikologie en veral die Afrikaanse prosa en poësie. Hierdie vakverskeidenheid is toepaslik omdat Heinrich Ohlhoff op al hierdie terreine met gemak kan saampraat.

Hein Willemse – Woord vooraf

S.S. Thembekwayo – Meputso ya mediro / The pride of your labour
C.H.F. Ohlhoff – Ure, dae, maande, jare: die oorgange en voortgange van ‘n akademiese lewe
Terrence Carney – ‘Het doet emmer toverie’: ‘n forensiese ondersoek na die (on)waarskynlikheid van nekromansie in Die Hexe
Jacomien van Niekerk – Verstedeliking: vergelyking tussen Suid-Afrikaanse letterkundes en die kultuurteks
Amanda Lourens – Die uitbou van ‘n eens marginale tradisie: Marlise Joubert se gebruik van vroulike taal
Neil Cochrane – Ondermyning van normatiwiteitsdimensies in die poësie van Loftus Marais: ‘n queer-teoretiese beskouing
Erika Lemmer – ‘An entangled bank’: evolusionêre patrone in die Winterbachtweeluik klaaglied vir Koos en erf
Neil van Heerden en Andries Visagie – Twee dieregestaltes by N.P. van Wyk Louw: Raka en ‘Die swart luiperd’
Annette Jordaan – Die ‘moeilike reis’: die skryf van ‘n lewensverhaal oor ‘n kontroversiële broer
Nerina Bosman – Eenders en anders: die leksikons van Afrikaans en Nederlands in die een-en-twintigste eeu ? ‘n loodsstudie
Adelia Carstens – Geletterdheidsnarratiewe as spieël van die motiveringsrolle van betekenisvolle andere
Hein Willemse – ‘Om weer mens te word’: identiteit, onreg, skuld en restitusie in die RSG-vertelreeks Almal het ‘n storie

You Might Also Like

Local government administration in eastern and southern Africa
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627043185
Published:
Handbook for nurse management
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041716
Published:
How to support English Second-Language Learners
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041341
Published:
A teacher's guide to the SIAS document
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627038372
Published:
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.