Perspektief en profiel Deel 1
Perspektief en profiel
'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis deel 1
Author/s: Van Coller HP
Edition: 2
ISBN: 9780627031045
eISBN: N/A
ePub ISBN: 9780627031076
Pages: 912
Published: 2015
Print Recommended Retail Price: R 875.00
eBook Recommended Retail Price: R 787.50

Perspektief en profiel – ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis in drie dele (1998, 1999, 2006) is die enigste omvattende Afrikaanse literatuurgeskiedenis wat tans op die mark is. Dit word wyd benut hier én in die buiteland. Van die belangrikste skrywers soos Etienne van Heerden, Marlene van Niekerk, Eben Venter, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Breyten Breytenbach het egter sedert die verskyning van die deel waarin hulle oeuvres behandel is, van hul beste werk gelewer. Dit het daarom tyd geword om 'n totaal bygewerkte uitgawe die lig te laat sien. Boonop bied dit die geleentheid om van die perspektiewe by te werk én selfs nuwes (bv. oor die uitgewerswese en kinder- en jeugliteratuur) in te sluit. Dit kan met reg beweer word dat hierdie literatuurgeskiedenis toenemend bykans alle relevante aspekte van die Afrikaanse literêre veld dek.

'n Nuwe uitgawe het ook die voordeel dat dit die geleentheid bied om jonger literatore as medewerkers te betrek. Nie net is hulle die akademici van die toekoms nie, maar bring hulle meestal ander (teoretiese) perspektiewe wat verrykend inwerk op die geheel.

Hierdie nuwe uitgawe is ingrypend herstruktureer, telkens met enkele perspektiewe en 'n aantal profiele, alfabeties ingedeel.  Hierdie uitgawe (Deel 1) bevat die volgende perspektiewe:  "Klein begin is aanhou wen" (oor die ontstaansgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde); 'n blik op die Nederlandstalige Suid-Afrikaanse letterkunde, 1652–1925; inleiding tot buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke; en 'n perspektief op die Afrikaanse prosa. Die profiele strek van Hennie Aucamp tot Henriette Grové (A–G).

Perspektiewe

Klein begin is aanhou wen – ‘n perspektief op die aanvangsfase van die Afrikaanse letterkunde
Nederlandstalige Suid-Afrikaanse letterkunde, 1652-1925
‘n Inleiding tot buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke
Prosa:  ‘n Oorsig van die Twintigste eeu

Profiele

Hennie Aucamp | Hennie Aucamp as digter | Pirow Bekker | Eleanor Baker | Chris Barnard | Gerhard J. Beukes | Peter Blum | Boerneef | Breyten Breytenbach | André P. Brink | Eveleen Castelyn | Jan F.E. Celliers | T.T. Cloete | Sheila Cussons | W.A. de Klerk | Johann de Lange | Abraham de Vries | Izak de Villiers | Reza de Wet | E.K.M. Dido | I.D. du Plessis | P.G. du Plessis | Elisabeth Eybers | Louis Estherhuizen | H.A. Fagan | Pieter Fourie | Jeanne Goosen | Tom Gouws | Rachelle Greeff | J.F.W. Grosskopf | Henriette Grové

You Might Also Like

Local government administration in eastern and southern Africa
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627043185
Published:
Handbook for nurse management
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041716
Published:
How to support English Second-Language Learners
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041341
Published:
A teacher's guide to the SIAS document
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627038372
Published:
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.