
Perspektief en profiel – ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis in drie dele (1998, 1999, 2006) is die enigste omvattende Afrikaanse literatuurgeskiedenis wat tans op die mark is. Dit word wyd benut hier én in die buiteland. Van die belangrikste skrywers soos Etienne van Heerden, Marlene van Niekerk, Eben Venter, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Breyten Breytenbach het egter sedert die verskyning van die deel waarin hulle oeuvres behandel is, van hul beste werk gelewer. Dit het daarom tyd geword om 'n totaal bygewerkte uitgawe die lig te laat sien. Boonop bied dit die geleentheid om van die perspektiewe by te werk én selfs nuwes (bv oor die uitgewerswese en kinder- en jeugliteratuur) in te sluit. Dit kan met reg beweer word dat hierdie literatuurgeskiedenis toenemend bykans alle relevante aspekte van die Afrikaanse literêre veld dek.
'n Nuwe uitgawe het ook die voordeel dat dit die geleentheid bied om jonger literatore as medewerkers te betrek. Nie net is hulle die akademici van die toekoms nie, maar bring hulle meestal ander (teoretiese) perspektiewe wat verrykend inwerk op die geheel.
Hierdie nuwe uitgawe is ingrypend herstruktureer; telkens met enkele perspektiewe en 'n aantal profiele, alfabeties ingedeel. Hierdie uitgawe (Deel 2) bevat die volgende perspektiewe: Drama: ‘n oorsig vanaf 1990-2010; perspektief op die Afrikaanse drama: 1906-1966; die Afrikaanse vroueskrywer; ‘n perspektief op die Afrikaanse literêre tydskrifte én ? perspektief op kinder- en jeugliteratuur. Die profiele strek van P.J. Haasbroek tot Jan Rabie (H–R).
Perspektiewe
Drama: ‘n Oorsig vanaf 1990-2010
Perspektief op die Afrikaanse drama: 1906-1966
Die Afrikaanse vroueskrywer
‘n Perspektief op die Afrikaanse literêre tydskrifte
‘n Perspektief op kinder- en jeugliteratuur
Profiele
P.J. Haasbroek (korter prosa) | P.J. Haasbroek (langer prosa) | Joan Hambridge | Daniel Hugo | Ingrid Jonker | Elsa Joubert | Olga Kirsch | Koos Kombuis | Uys Krige | Antjie Krog | Louis Kruger | C.J. Langenhoven | C. Louis Leipoldt | Etienne Leroux | Anna M. Louw | N.P. van Wyk Louw | W.E.G. Louw | Lucas Malan | D.F. Malherbe | Eugene Marais | Johann Lodewyk Marais | Dalene Matthee | M.E.R. | John Miles | Deon Meyer | Petra Muller | W. Odendaal | D.J. Opperman | Deon Opperman | P.J. Philander | H.J. Pieterse | S.J. Pretorius | Koos Prinsloo | Jan Rabie | Ina Rousseau
All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.
All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.