
Teen die grein: Festschrift vir Hein Willemse is ’n bundel oorspronklike navorsingsartikels saamgestel as huldiging van professor Hein Willemse (geb. 1957). Hy is sedert 2000 verbonde aan die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, aanvanklik as hoof van die departement (2000-2009). As navorser, redakteur van Tydskrif vir Letterkunde (2003-2019), samesteller en uitgewer van boeke, rubriekskrywer en mediakenner het Willemse die terrein van die Afrikaanse letterkunde en die diskoers oor Afrikaans op diepgaande wyse verbreed en verryk. Die bydraes in hierdie Festschrift wissel van artikels oor letterkunde- en kultuurstudie, die Afrikaanse letterkunde en Afrikaletterkunde tot Afrikaanse taalgeskiedenis, en die outeurs tree op verskeie wyses in gesprek met Willemse se publikasies. Die bundel bied ’n veelkantige blik op Willemse se merkwaardige lewe en werk.
Several original research articles have been collected in Against the grain: Festschrift for Hein Willemse to celebrate the career of Professor Hein Willemse (b. 1957). He has been affiliated with the Department of Afrikaans at the University of Pretoria since 2000, initially as Head of Department (2000-2009). As researcher, editor of Tydskrif vir Letterkunde: a journal for African literature (2003-2019), editor and publisher of books, columnist and media specialist Willemse has broadened and enriched the field of Afrikaans literature and the discourse on Afrikaans in far-reaching ways. The contributions in this Festschrift range from Afrikaans and African literary and cultural studies to the history of Afrikaans, and the authors variously engage with Willemse’s publications. The collection offers a multifaceted perspective on Willemse’s remarkable life and work.
Hein Willemse: Teen die grein / Against the grain – Jacomien van Niekerk & Steward van Wyk
Om die “ruimland […] van nuuts af oop [te] bou”: ’n Woordjie oor Hein Willemse – Frank Hendricks
Die teks as ’n etiese aanspraak – Willie Burger
Sarraounia, love and the postcolony – Antoinette Tidjani Alou
Hein Willemse: Select bibliography – Jacomien van Niekerk
To listen with decolonial ears: Hein Willemse, hidden histories, and the politics of disruptive intervention – viola c. milton & Hannelie Marx Knoetze
Die intellektuele geskiedenis van bruin intelligentsia: ’n herbesoek aan P. J. Philander (1921–2006) – Steward van Wyk
Afrika-oraliteit by Eugène Marais: die wisselwerking tussen enkele “Sangedigte” en Dwaalstories – Jacomien van Niekerk
’n Geskiedenis van Afrikaans as kerktaal: van altaar tot kansel – Anastasia de Vries
Some new perspectives on the Soweto uprising: H. M. L. Lentsoane’s poem “Black Wednesday” (“Laboraro le lesoleso”) – Antjie Krog
The power of exclusion in the works of André Brink and Assia Djebar – Carina Steenekamp
Vanden vos Reynaerde se transformasie tot Reinaard die Jakkals – Nerina Bosman & Jan Stander
The world is a bar: Fiston Mwanza Mujila’s writing beyond ‘Africa’ – Susanne Gehrmann
Battling statues enter into dialogue at the Gouvernorat du Haut-Katanga – Kasongo Mulenda Kapanga
Preliminary notes on topicality and recent pandemic poetry – Isidore Diala
All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.
All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.