Toegepaste taalkunde in Afrikaans
Toegepaste taalkunde in Afrikaans
Author/s: Carstens WAM, Van Dyk TJ
Edition: 1
ISBN: 9780627039706
eISBN: N/A
ePub ISBN: 9780627039713
Pages: 816
Published: 2022
Print Recommended Retail Price: R 895.00
eBook Recommended Retail Price: R 805.50

Soos internasionaal die geval is, word die toegepaste taalkunde as studieterrein lank reeds in Suid-Afrika ondersoek, asook ten uitvoer gebring. Daarvan getuig die talle publikasies wat oor jare heen al oor die toegepaste taalkunde in Suid-Afrika verskyn het.

Hierdie publikasies was egter meestal in Engels. Vir ’n publikasie oor die toegepaste taalkunde in Afrikaans lê  die veld dus braak. Dit is hierdie gaping wat met die boek gevul wil word. Hierdie boek het ten doel om die toegepaste taalkunde as selfstandige dissipline (wat dit internasionaal wel is) in Afrikaans te verken en in hierdie proses behoorlik gevestig te kry. Dit word gedoen met die hulp van bykans alle taalkundiges wat in hierdie dissipline in Suid-Afrika werk – nie net taalkundiges uit die Afrikaanse konteks nie, maar ook talle wat primê r in Engels werk. Die gesamentlike kundigheid van hierdie groep akademici word in die boek op ’n kragtige wyse byeengebring.

Die uiteenlopende komponente van die toegepaste taalkunde word sistematies uiteengesit en toegelig met Afrikaanse voorbeelde soos wat dit in die praktyk voorkom. Op hierdie wyse word die inhoud van die toegepaste taalkunde uitgepak vir ’n diverse gehoor: studente, akademici en belangstellendes in die taalkunde. Om hierdie rede is dit ’n boek wat verdien om gelees én gebruik te word.

1. Die toegepaste taalkunde – ’n oorsig
2. Is die toegepaste taalkunde ’n onderdeel van die linguistiek?
3. Navorsingsbenaderings in die toegepaste taalkunde
DEEL 1: TAAL EN ONDERRIG
4. Sillabus- en kursusontwerp
5. Taal vir spesifieke doeleindes
6. Akademiese geletterdheid vanuit ’n talige perspektief
7. Taaltoetsing en die assessering van taalvermoë
8. Klaskamerassessering
9. Die onderrig van lees
10. Die onderrig van akademiese skryfvaardigheid
11. Skryfsentrumpedagogiek
12. Tweede- en vreemdetaalverwerwing
13. Rekenaargesteunde taalonderrig
DEEL 2: TAAL EN GEMEENSKAP
14. Taal, identiteit en nasievorming
15. Taalbeplanning
16. Taalbeleid
17. Taalpolitiek
18. Meertaligheid
19. Taalsosiologie
DEEL 3: TAALPRAKTYK
20. Tolking
21. Vertaalkunde
22. Teksredaksie
23. Suid-Afrikaanse Gebaretaal
24. Gewone taal
25. Advertensiemateriaal
26. Skryfwerk en leerderkorpora
27. Terminologie
DEEL 4: VERWANTE DISSIPLINES
28. Forensiese linguistiek
29. Korpuslinguistiek
30. Psigolinguistiek
31. Kognitiewe linguistiek
32. Tekslinguistiek
33. Stilistiek
34. Diskoersanalise
35. Toegepaste sosiolinguistiek
36. Kindertaal
37. Onomastiek
38. Die Linguistiese Landskap/Linguistiese Landskapstudies

You Might Also Like

Local government administration in eastern and southern Africa
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627043185
Published:
Handbook for nurse management
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041716
Published:
How to support English Second-Language Learners
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041341
Published:
A teacher's guide to the SIAS document
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627038372
Published:
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.