Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase 2
Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase
'n Gids vir Suid-Afrikaanse studente en onderwysers
Author/s: Naudé M, Meier C
Edition: 2
ISBN: 9780627037740
eISBN: N/A
ePub ISBN: 9780627037887
Pages: 400
Published: 2020
Print Recommended Retail Price: R 720.00
eBook Recommended Retail Price: R 648.00

Die rol van ’n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroeë en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en lê hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan.

Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met ’n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teorieë aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die konsepte afrikanisering van die kurrikulum en etnowiskunde word ook bespreek. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel.

Die inhoud sluit die volgende in:

  • Basiese beginsels oor die verwerwing van wiskundige vaardighede en kennis
  • Diversiteit in die wiskunde-klaskamer
  • Onderrig en leer van wiskunde in Graad R
  • Ontwikkeling van getalbegrip
  • Patrone, funksies en algebra in die Grondslagfase
  • Onderrig en leer van ruimte en vorm
  • Onderrig en leer van meting
  • Datahantering in die Grondslagfase
  • Wiskunde-assessering in die leerdergesentreerde klaskamer
  • ’n Afdeling oor die gebruik van tegnologie in die onderrig en aanleer van wiskunde wat elke hoofstuk afsluit

 

Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is ’n onontbeerlike handleiding vir beginneronderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle verkryging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word.

HOOFSTUK 1 HOE LEERDERS IN DIE GRONDSLAGFASE WISKUNDE LEER
HOOFSTUK 2 WISKUNDE-ONDERRIG IN DIE GRONDSLAGFASE VIR KULTUREEL DIVERSE LEERDERS
HOOFSTUK 3 WISKUNDE-ONDERRIG IN GRAAD R: ’N SPELGEBASEERDE BENADERING
HOOFSTUK 4 ONTWIKKELING VAN GETALBEGRIP BY LEERDERS IN DIE GRONDSLAGFASE

AFDELING A Ontwikkeling van getalkonsep: tel
AFDELING B Getalbegripontwikkeling: orden, vergelyk en beskryf heelgetalle
AFDELING C Onderrig van die vier basiese bewerkings in wiskunde deur probleemoplossing
AFDELING D Onderrig van plekwaarde wat lei tot die opbou en afbreek van getalle
AFDELING E Outomatisiteit in berekeninge
AFDELING F Onderrig van breuke aan Grondslagfase-leerders

HOOFSTUK 5 PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 6 LEER OOR RUIMTE EN VORM IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 7 LEER OOR METING IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 8 DATAHANTERING IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 9 ASSESSERING VAN WISKUNDE IN DIE GRONDSLAGFASE

You Might Also Like

Local government administration in eastern and southern Africa
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627043185
Published:
Handbook for nurse management
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041716
Published:
How to support English Second-Language Learners
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627041341
Published:
A teacher's guide to the SIAS document
Author/s:
Edition:
ISBN: 9780627038372
Published:
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.