GIDG4 Cover Small RGB
Geletterdheid in die Grondslagfase
Author/s: Joubert I
Edition: 4
ISBN: 9780627043574
ePub ISBN: 9780627043581
Pages: 410
Published: 2027
Print Recommended Retail Price: R 725.00
eBook Recommended Retail Price: R 652.50

Waarom is Geletterdheid in die Grondslagfase uniek?

  • Die boek behandel die onderrig van Afrikaans as huistaal in Graad 1, 2 en 3 soos beskryf in die Kurrikulumen Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van 2011. Die boek bevat ook inligting vir die onderrig van Graad R.
  • Dit fokus op die onderwyspraktyk en het terselfdertyd ’n sterk navorsingsinslag.
  • ’n Teoretiese agtergrond tot taalontwikkeling en basiese geletterdheid is in hierdie uitgawe ingesluit. Die belangrikheid van moedertaal of huistaal word beklemtoon. ’n Hoofstuk oor die onderrig van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal is egter ook ingesluit.
  • Die onderrig van luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer asook taalstruktuur en -gebruik word breedvoerig bespreek en praktiese idees word gegee vir die integrasie met ander taalvaardighede.
  • Uitgebreide inligting oor lees, die rol van fonetiek en die leesprosesse word aangebied.
  • Handskrifonderrig vir druk- en lopende skrif word behandel met voorbeelde uit die praktyk.
  • Assessering word by elke taalvaardigheid bespreek en voorbeelde word gegee.
  • Die teks is krities gelees deur kundiges in die praktyk en die akademiese wêreld, onder andere Susan Kubic Barnes van die James Madison Universiteit Harrisonburg, Virginia, VSA.
  • Aan die einde van elke hoofstuk is vrae ingesluit wat gebruik kan word vir selfstudie.
  • ’n Graad 1-handskriftipe is ingesluit. Die handskriftipe is ontwikkel deur dr. Judy van Heerden en Marietjie Schutte. Dr. Van Heerden is ’n kundige op die gebied van Vroeë Kinderonderwys en Marietjie Schutte is ’n kundige op die gebied van Inligtingskunde.

 

Die skrywers is kundiges met jare lange ervaring in Grondslagfase-onderrig en tersiêre onderwys. Marie Bester is ’n opvoedkundige konsultant. Erika Jager (voorheen Meyer) is ’n onderwys-en-opleidingskonsultant. Ina Joubert en Nkidi Phatudi is beide professors in Vroeë Kinderonderwys. Rinelle Evans is ’n emeritus-professor in die vakgebied van Taalonderrig.

Hoofstuk 1: ’n Teoretiese inleiding tot die ontwikkeling van taal en geletterdheid
Hoofstuk 2: Onderrig- en leerstrategieë
Hoofstuk 3: Luister en praat: fokus op luister
Hoofstuk 4: Luister en praat: fokus op praat
Hoofstuk 5: Klankleer en lees
Hoofstuk 6: Lees
Hoofstuk 7: Skryf
Hoofstuk 8: Handskrif
Hoofstuk 9: Dink en redeneer
Hoofstuk 10: Die onderrig van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal (AEAT) in Graad 1–3

You Might Also Like

TIA Cover Small RGB
Talent in action
Author/s: Schutte N, Schutte N
Edition: 1
ISBN: 9780627044021
Published: 2027
LWSAS Cover RGB
Law within South African society
Author/s: Adams G, Robbertze G
Edition: 1
ISBN: 9780627044007
Published: 2027
TALHAGISA2 cover small RGB (1)
Teaching and learning History and Geography in the African Classroom
Author/s: Van Eeden ES, Warnich P, Golightly A
Edition: 2
ISBN: 9780627043437
Published: 2027
GRM7 Cover small RGB
Game ranch management
Author/s: Bothma J du P, Du Toit JG
Edition: 7
ISBN: 9780627043093
Published: 2027
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.