
In die onlangse verlede het die veld Kurrikulumstudies, oftewel die bestudering van die kurrikulum, sy verskyning gemaak in onderwysersopleidingsprogramme aan Suid-Afrikaanse universiteite nadat dit nog altyd afgeskeep en selfs misgekyk is.
Tans is daar 'n tekort aan handboeke om hierdie groeiende studieveld aan studente bekend te stel, des te meer Afrikaanse handboeke. Hierdie boek voorsien in daardie behoefte.
Die teikenmark van die boek is nie net onderwysstudente nie (hetsy BEd eerste jaar tot BEd-Hons, of studente vir die Nagraadse Onderwyssertifikaat), maar ook kurrikulumontwikkelaars, onderwysbeplanners, gehalteversekeringsbeamptes en ander belanghebbendes in die Opvoedkunde. Die boek is gebaseer op voorbeelde sodat die teorie nie as abstraksie hanteer word nie, en beter deur die teikengroep begryp kan word. Sodoende word dit sinvol voorgehou aan almal wat op die een of ander wyse betrokke is by Opvoedkunde, en meer spesifiek by die deeldissipline Kurrikulumstudies.
Die inhoud sluit die volgende in:
Hoofstuk 1: Kurrikulumteorie
Hoofstuk 2: Kontemporêre tendense in kurrikulumstudies
Hoofstuk 3: Kurrikulumontwikkeling op makro-, meso- en mikrovlak
Hoofstuk 4: Voorbeeld van kurrikulum-ontwikkeling
Hoofstuk 5: Vergelykende kurrikulumstudies
Hoofstuk 6: Kopskuif in onderrig-en-leerpraktyke: integrering van digitale tegnologieë
Hoofstuk 7: Onderrig en leer vir 21ste eeu-vaardighede, sonder tegnologie
Hoofstuk 8: Assessering in kurrikulumstudies: teoretiese grondslae en praktiese toepassings
Hoofstuk 9: Institusionele navorsing
Hoofstuk 10: Herkurrikulering op tersiëre vlak
Hoofstuk 11: Gehalteversekering
All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.
All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.