
Inleiding tot die onderwysreg demonstreer dat daar te midde van ’n oormatige aanbod van inligting steeds ruimte is vir werk wat saamgestel is deur kundiges met ’n magdom kennis en ervaring. Sonder enige twyfel word die gestelde doelwitte en uitkomste bereik, dog dit reik selfs verder deurdat ’n rykdom aan kennis op ’n toeganklike, relevante wyse aangebied word vir enigeen wat poog om die teorie en praktyk van die beheer, bestuur en regulering van onderwys te verstaan.
Van spesifieke belang in hierdie nuwe uitgawe is die byvoeging van die regsraamwerk en -implikasies vir vroeë kinderontwikkeling (VKO). Vir diegene met ’n professionele belang bied dit ’n kundige, inleidende uiteensetting van die fundamentele beginsels wat hul taak onderlê. Dit is ’n lesersvriendelike teks, en die skrywers moet gelukgewens word met hul vaardige ontsluiting van die sleutelkwessies inherent aan hierdie komplekse studieveld.
Dr. Steve Greenfield
Professor in Sportreg en -praktyk
Westminster Law School
University of Westminster
Londen
Hoofstuk 1: Die regsomgewing van openbare skole en vroeë kinderontwikkeling
Hoofstuk 2: Beginsels van regstoepassing in die vroeë kinderjare en skoolomgewings
Hoofstuk 3: Die Grondwet as bron van die onderwysreg
Hoofstuk 4: Internasionale reg, wetgewing en gemenereg as bronne van onderwysreg
Hoofstuk 5: Die professionele onderwyser in die werkplek
Hoofstuk 6: Die onderwyser as sorgsame toesighouer
Hoofstuk 7: Leerderdissipline
Hoofstuk 8: Skoolveiligheid
All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.
All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.