Navorsing 2
Navorsing
'n Gids vir die beginnernavorser
Author/s: Joubert I, Hartell C
Edition: 2
ISBN: 9780627040849
eISBN: N/A
ePub ISBN: 9780627040856
Pages: 424
Published: 2024
Print Recommended Retail Price: R 545.00
eBook Recommended Retail Price: R 490.50

Navorsing: ’n Gids vir die beginnernavorser behandel basiese inligting oor navorsing vir beginnernavorsers op voor- en nagraadse vlak. Die boek kan ook gebruik word by die onderrig van navorsing op voor-en nagraadse vlak. Onderwerpe soos selfbestuur, verhouding met jou studieleier, kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing, asook gemengde navorsingsmetodes word verduidelik met voorbeelde en praktiese benaderings. Daar is ook ’n hoofstuk ingesluit wat die navorser sal help met die aanbieding van navorsingsresultate, soos by konferensies. ’n Nuwe hoofstuk wat die mees algemene vrae van studente behandel sal ’n bydrae lewer tot ’n beter begrip van navorsing. Begrip van navorsing in die moedertaal sal studente baat wanneer Engelse teks gelees word.

Akademici vanuit die wye spektrum van die opvoedkundedissipline van verskeie universiteite het ’n bydrae tot die boek gelewer. Die onderskeie uitgangspunte van die skrywers tot die inhoud van hulle hoofstukke dra by tot die sukses van die boek.

Die voorwoord is geskryf deur Prof. Irma Eloff, wat ’n nasionaal en internasionaal erkende navorser is. Reeds 50 meesters- en doktorale studente het hulle studies in opvoedkundige sielkunde onder haar leiding voltooi. In 2012 is sy aangewys as een van drie mees invloedryke vroue in sakebestuur in Suid-Afrika, in die kategorie Opvoeding.

DEEL 1 ALGEMEEN
HOOFSTUK 1 ’n Inleiding tot navorsing
HOOFSTUK 2 Riglyne vir navorsingsvoorstelle vir opvoedkunde studies
HOOFSTUK 3 Etiese aspekte in navorsing
HOOFSTUK 4 Steekproefneming

DEEL 2 KWALITATIEWE NAVORSING
HOOFSTUK 5 Kwalitatiewe navorsing: data-insameling en -analise
HOOFSTUK 6 Gevallestudie: riglyne vir ontwerp en uitvoering van die navorsing
HOOFSTUK 7 Aksienavorsing
HOOFSTUK 8 Praktykgerigte navorsing
HOOFSTUK 9 Etnografie
HOOFSTUK 10 Begronde teorie as navorsingsmetode
HOOFSTUK 11 Dokumentnavorsing

DEEL 3 KWANTITATIEWE NAVORSING
HOOFSTUK 12 Kwantitatiewe navorsing
HOOFSTUK 13 Kwantitatiewe navorsingstrategieë
HOOFSTUK 14 Kwantitatiewe data-insamelingsmetodes/-instrumente
HOOFSTUK 15 Statistiek vir die beginnernavorser

DEEL 4 ADDISIONELE BENADERINGS TOT NAVORSING
HOOFSTUK 16 Die gemengde navorsingsmetode
HOOFSTUK 17 Inleiding tot Q-metodologie as navorsingsmetode

DEEL 5 VERSLAGDOENING
HOOFSTUK 18 Rapportering van ’n navorsingsprojek

DEEL 6 NAVORSING: TEN SLOTTE
HOOFSTUK 19 Teoretiese perspektiewe by navorsingsontwerp

You Might Also Like

9780627043802
Negotiating otherness
Author/s: Mpisi A, Groenewald E
Edition: 1
ISBN: N/A
Published: 2026
Teaching Foundation Phase Maths COVER low res
Teaching foundation phase mathematics
Author/s: Naudé M, Meier C
Edition: 3
ISBN: 9780627043598
Published: 2026
Introduction to education law 4 cover
Introduction to Education Law
Author/s: Oosthuizen IJ, Rossouw JP, de Wet A, Rossouw MC
Edition: 4
ISBN: 9780627040450
Published: 2026
Inleiding tot die onderwysreg 4 cover
Inleiding tot die Onderwysreg
Author/s: Oosthuizen IJ, Rossouw JP, de Wet A, Rossouw MC
Edition: 4
ISBN: 9780627040474
Published: 2026
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.