Hierdie is die eerste volwaardige stylhandboek in Afrikaans wat uitsluitlik op klassieke stylbeginsels fokus. Die boek is geskik vir almal wat praktiese stylvaardighede in skriftelike tekste wil verbeter.
Werklike voorbeeldmateriaal uit 'n verskeidenheid tekstipes word gebruik om praktiese riglyne te gee oor gepaste taalgebruik. Die boek fokus nie op reg of verkeerd volgens die taalsisteem nie, maar eerder op die verskeidenheid taalgebruiksmoontlikhede waarvan sommige meer gepas is as ander, afhangende van die situasie en konteks waarin die teks moet funksioneer.
Stylboek is 'n kompakte, praktiese styladviesboek en 'n moet vir alle skrywendes wat die effektiwiteit van hulle kommunikasie wil verhoog.
1. Inleiding
2. Die begrip styl
3. Skryf duidelik
4. Skryf bondig
5. Gepaste toon
6. Aantreklikheid
7. Die styl van wetenskaplike tekste
All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.
All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.