Wildplaasbestuur 5
Wildplaasbestuur
Author/s: Du P Bothma J, Du Toit JG
Edition: 5
ISBN: 9780627035739
eISBN: N/A
ePub ISBN: 9780627035746
Pages: 1000
Published: 2021
Print Recommended Retail Price: R 1880.00
eBook Recommended Retail Price: R 1692.00

Hierdie vyfde uitgawe van Wildplaasbestuur is geskryf deur 36 kenners op verskeie gebiede, en die redakteurs is ’n ervare ekoloog en ’n wildveearts. Die gids is so volledig moontlik en alle hoofstukke is hersien en bygewerk. Daar is uitgebreide inligting oor inligtingstelsels en databestuur; die ekonomie van die wildbedryf in Suid-Afrika; bakteriese, virus- en protosoïese wildsiektes; wildveilings; die aanhou, bestuur en jag van groot roofdiere; trofeejag; vleisproduksie; veldbestuur; en die rehabilitering van habitat. Die gegewens oor wildhandel en wildvangs is tot en met 2019 opgedateer.

Prof. Jacobus du Plessis Bothma het ’n BSc-graad in Dierkunde en Plantkunde en ’n MSc-graad in Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, en ’n PhD-graad in Natuurlewe-wetenskap aan Texas A & M Universiteit in die VSA. Hy was werksaam as roofdier-ekoloog totdat hy na behaling van sy PhD-graad deur die voormalige Transvaalse Afdeling Natuurbewaring na die Universiteit van Pretoria gesekondeer is om die eerste nagraadse kursus in Natuurlewebestuur aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit aan te bied en die Eugène Marais-leerstoel in Natuurlewebestuur te beklee. Daardie leerstoel het later die hoeksteen van die Sentrum vir Natuurlewebestuur in die Departement Vee- en Wildkunde aan die Universiteit van Pretoria geword waarvan hy die eerste Direkteur was. Die Sentrum vir Natuurlewebestuur is onlangs onder die vaandel van die Soogdiernavorsingsinstituut van die Departement Dierkunde en Entomologie geplaas. Hy het in Desember 2005 afgetree, maar sit as emeritus-professor sy navorsing en skryfwerk voort. Hy is tans reeds die skrywer, medeskrywer en redakteur van 24 boeke of hoofstukke in boeke, 104 gepubliseerde wetenskaplike artikels en 310 populêr-wetenskaplike artikels oor wild. Hy is as een van die uitstaande alumni van die Universiteit van Pretoria bekroon.

Dr. Jacobus Gabriël du Toit het ’n landbougraad in Veeteelt aan die Stellenbosch Universiteit behaal, en ’n honneursgraad in Natuurlewebestuur en ’n graad in Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy het die eerste formele private wildveeartspraktyk in Suid-Afrika gevestig, en het baanbrekerswerk gedoen ten opsigte van die vestiging van olifante op wildplase, die teel van siektevrye buffels uit besmette ouers, die oes van renosterhorings vir kommersiële doeleindes, en die gebruik van olifante as bio-opspoorders vir die opsporing van landmyne. Sy primêre belangstellingsvelde is die teel van bedreigde wildsoorte en navorsing oor die genesende eienskappe van plante. Hy is ’n voorstander van toegepaste navorsing en ’n holistiese benadering tot wildproduksie. As lid van die SA Veterinêre Stigting het hy fondse gewerf vir talle wildprojekte.

DEEL I: ALGEMENE RIGLYNE

DEEL II: WILDPLAASBEPLANNING

DEEL III: WILDE DIERE EN HULLE KENMERKE

DEEL IV: SIEKTES EN PARASIETE VAN WILDE DIERE           

DEEL V: DIE BESTUUR EN BENUTTING VAN WILD

DEEL VI: HABITATBESTUUR

DEEL VII: LANDELIKE GEMEENSKAPPE

You Might Also Like

Best start in life, The
The best start in life
Author/s: Seleti J, Schoonen A, Atmore E, Naudé M
Edition: 1
ISBN: 9780627039249
Published: 2025
FSIR4 cover thumbnail
First steps in research
Author/s: Maree JG
Edition: 4
ISBN: 9780627041693
Published: 2025
Comparative and international education
Comparative and international education
Author/s: Wolhuter CC
Edition: 1
ISBN: 9780627041945
Published: 2025
Finance for non-financial managers 4
Finance for non-financial managers
Author/s: Marx J, Grebe G, Sindane K, Cilliers S
Edition: 4
ISBN: 9780627042997
Published: 2025
We're taking you to Takealot, our trusted print book partner.

All of our printed books are sold through Takealot, a leading book retailer and distributor in South Africa. By clicking "Continue", you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.

We're taking you to Snapplify, our trusted ebook partner.

All of our printed books are sold through Snapplify, a leading ebook retailer and distributor in South Africa. By clicking Continue, you'll be redirected to their website, where you can complete your purchase.